Deursoek hierdie blog

Maandag 18 Januarie 2016

Laat dié dooie hout in vlamme opgaan


Ons almal het dooie hout in ons lewens. Gewoontes wat ons negatief beïnvloed en op een of ander wyse benadeel of verhinder in ons volle funksionering.

Die rook-gewoonte is presies wat dit sê, ʼn slegte gewoonte.

ʼn Gewoonte wat jou gesondheid ernstig aantas met dodelike langtermyn gevolge.

ʼn Gewoonte wat jou finansieel slegter af laat en duur is om in stand te hou.

ʼn Gewoonte wat jou sosiale interaksie met ander mense of jou gesin kniehalter.

ʼn Gewoonte wat jou fisieke aktiwiteite en oefening uitasem laat.

ʼn Gewoonte wat van jou ʼn slaaf maak en jou vryheid beperk.

Kortom, ʼn Gewoonte wat ʼn slegte smaak in die mond laat.

Die rook-gewoonte is vir meeste rokers ʼn stuk dooie hout in hul lewe wat hul op alle vlakke negatief raak.

Tog, al is dit net ʼn gewoonte, is dit nié so eenvoudig om dié dooie hout net in vlamme te laat opgaan nie.

Want as dit nét ʼn gewoonte was, sou jy eenvoudig net jou sigarette neergesit het en nie weer aangesteek het nie.

Die ding is dat die gewoonte veel dieper sy wortels in jou hele sisteem ingegroei het. 

Dit is daarom nodig om dié stuk onkruid met wortel en tak uit te roei.

Dit is egter maklik om van dié gewoonte ontslae te raak. Néé, om dié gewoonte te verander en beter en gesonder gewoontes aan te kweek.

Aangesien die rook-gewoonte gerugsteen word met een van die mees verslawende middels wat daar is, naamlik nikotien, en dit gevoed word met die ankers en gewoontes in jou lewe, is ʼn goeie verstaan van die rook-gewoonte en jou verslawing daaraan, saam met die nodige begeleiding deur ʼn professionele en bekwame Ophou Rook-gids en ʼn beproefde metode nodig om jou te begelei om wél die gewoonte positief te verander.

Met behulp van hipnose of hipnoterapie, en die program wat ek ontwikkel het, kan ek jou begelei in my gewaarborgde Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-program om dié dooie hout vir goed in jou lewe te verbrand en positiewe en gesonde gewoontes te bou.

Dit is moontlik. Dit is maklik. Jy kan dié jaar dit doen en aan die einde van die jaar sal jy alreeds soveel positiewe resultate in jou lewe, jou sak, jou gesondheid en jou verhoudinge beleef dat jy dankbaar sal wees vir dié stuk dooie ding wat jy finaal van ontslae geraak het uit jou lewe uit.

Die oomblik as jy van dié dooie hout in jou lewe ontslae raak, sal nuwe gesonde blare en vrug begin wys en jy en jou geliefdes sal jouself en die nuwe vryheid in jou lewe nie ken nie!
  • Vir meer inligting besoek die Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-kliniek webblad of kontak my gerus.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking