Deursoek hierdie blog

Dinsdag 12 Januarie 2016

Die hindernisse wat my wil beïnvloed


Verlede week het ek geblog oor wilskrag en hoekom die meeste rokers nie met wilskrag alleen kan ophou rook nie (Waarom meeste rokerssukkel om deur wilskrag alleen op te hou rook). Hierin het ek genoem dat ek in die volgende blog gaan skryf oor die verskillende fasette van ons bestaanssisteem wat op die wil inwerk.

So wat op aarde beteken dit?

Vandag gaan ons bietjie verder kyk na die wil en wat die hindernisse is wat op ons wil inwerk wat dit moeilik maak om deur wilskrag alleen op te hou rook.  

Net om op te som, in die vorige blog het ek uitgewys dat sonder wilskrag sal ons nie die eerste stap kan neem en die besluit om op te hou rook kan deurvoer nie. ʼn Sterk wil is baie belangrik om daai besluit te neem en dan met die program en jou keuse te volhard.

Menige roker sal weet dat dit maklik is om die pakkie sigarette neer te sit, maar dat die geringste emosionele ontsteltenis, krisis of verleiding, veral op sekere plekke, ʼn mens maklik weer laat aansteek.

Daarom is daar meer as net wilskrag nodig om suksesvol en permanent op te hou rook. Die Zoë-HipnoterapieOphou Rook-program help jou om dit so maklik soos een, twee, drie reg te kry.

Nou wat is die hindernisse wat veroorsaak dat jou wilskrag alleen nié genoeg is om op te hou rook nie.

1. Ankers. Benewens die feit dat jy verslaaf is aan nikotien, wat jou dus liggaamlik ʼn verslaafde van ʼn sigaret maak, is die grootste rede dat jy sukkel om op te hou rook die feit dat dit ʼn gewoonte is. Hierdie gewoonte, soos enige gewoonte, word deur onderbewuste ankers gevoed. Wanneer jy kom om dié gewoonte finaal met behulp van die Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-program dood te druk, verduidelik ek presies hoe hierdie ankers in jou lewe werk, jou verslaaf hou aan jou sigaret en werk ons prakties deur middel van hipnoterapie (die mees kragtigste instrument tot ons beskikking) om jou te help om dié ankers los te maak. Die ankers is veral in drie areas van jou lewe vas, naamlik:
a). Emosionele ankers – dit is veral wanneer jy ʼn sigaret outomaties aansteek as      sekere emosies figureer
b). Fisieke ankers – dit is wanneer jy byvoorbeeld outomaties op sekere plekke        rook en
c). Menslike ankers – soos kolegas by die werk wat jou help om die gewoonte          lewendig te hou.
2. Helde. Almal van ons het helde. Veral in ons grootword- en tienerjare. Selfs as volwassenes. Mense na wie jy opkyk of wil naboots. Wanneer so ʼn held rook, soos byvoorbeeld ʼn akteur as ʼn karakter in ʼn fliek, dan kan dit veroorsaak dat jy onbewustelik vasklou aan die sigaret as ʼn simbool van jou gevoel van sukses of status.
3. Vrese. Die meeste rokers het (ongegronde) vrese om op te hou rook. Byvoorbeeld een vrees is dat jy gaan siek word sodra jy nikotien onttrekking ervaar. Wat dan gebeur is dat, veral in die eerste 60 na 72 uur, wanneer jy dalk erg begin hoes, wat een van die normale reaksies van die liggaam is in sy detoksifisering en skoonmaakproses soos wat die nikotien uit die liggaam verdwyn, is dat jy onbewustelik vrees dat jy besig is om griep te kry en dan onbewustelik die res van die simptome begin reproduseer. Voor jy jou weer kan kry, oorweldig die vrees jou wilskrag en rook jy weer as gevolg van die angstigheid wat die siekte veroorsaak. ʼn Dodelik kettingreaksie en  sneeubal-effek.

Om dit dus so te verduidelik. Wanneer jy net met wilskrag probeer om op te hou rook, sonder die nodige verstaan en leiding deur ʼn professionele en gekwalifiseerde gids, en enige van hierdie hindernisse steek kop uit, sal jou onderbewuste gewoonte dadelik weer as teenvoeter inskop. Wilskrag alleen is dan nie genoeg om jou gewoonte, wat diep in jou brein vasgelê is, te verander nie.

Om op te hou rook is maklik as jy dit reg doen. Dan hanteer jy ál hierdie hindernisse, vrese en ander onderbewuste ankers kognitief en maak dit vas in die onderbewuste (sub-conscious) sodat jy nooit weer in jou lewe eers die begeerte of nodigheid sal ervaar om te rook nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking