Ons almal het dooie hout in ons lewens. Gewoontes wat
ons negatief beïnvloed en op een of ander wyse benadeel of verhinder in ons
volle funksionering.
Die rook-gewoonte is presies wat dit sê, ʼn slegte
gewoonte.
ʼn Gewoonte wat jou gesondheid ernstig aantas met
dodelike langtermyn gevolge.
ʼn Gewoonte wat jou finansieel slegter af laat en duur
is om in stand te hou.
ʼn Gewoonte wat jou sosiale interaksie met ander mense
of jou gesin kniehalter.
ʼn Gewoonte wat jou fisieke aktiwiteite en oefening
uitasem laat.
ʼn Gewoonte wat van jou ʼn slaaf maak en jou vryheid
beperk.
Kortom, ʼn Gewoonte wat ʼn slegte smaak in die mond
laat.
Die rook-gewoonte is vir meeste rokers ʼn stuk dooie
hout in hul lewe wat hul op alle vlakke negatief raak.
Tog, al is dit net ʼn gewoonte, is dit nié so eenvoudig
om dié dooie hout net in vlamme te laat opgaan nie.
Want as dit nét ʼn gewoonte was, sou jy eenvoudig net jou
sigarette neergesit het en nie weer aangesteek het nie.
Die ding is dat die gewoonte veel dieper sy wortels in
jou hele sisteem ingegroei het.
Dit is daarom nodig om dié stuk onkruid met
wortel en tak uit te roei.
Dit is egter maklik om van dié gewoonte ontslae te
raak. Néé, om dié gewoonte te verander en beter en gesonder gewoontes aan te
kweek.
Aangesien die rook-gewoonte gerugsteen word met een
van die mees verslawende middels wat daar is, naamlik nikotien, en dit gevoed
word met die ankers en gewoontes in jou lewe, is ʼn goeie verstaan van die
rook-gewoonte en jou verslawing daaraan, saam met die nodige begeleiding deur ʼn
professionele en bekwame Ophou Rook-gids en ʼn beproefde metode nodig om jou te
begelei om wél die gewoonte positief te verander.
Met behulp van hipnose of hipnoterapie, en die program
wat ek ontwikkel het, kan ek jou begelei in my gewaarborgde Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-program
om dié dooie hout vir goed in jou lewe te verbrand en positiewe en gesonde
gewoontes te bou.
Dit is moontlik. Dit is maklik. Jy kan dié jaar dit
doen en aan die einde van die jaar sal jy alreeds soveel positiewe resultate in
jou lewe, jou sak, jou gesondheid en jou verhoudinge beleef dat jy dankbaar sal
wees vir dié stuk dooie ding wat jy finaal van ontslae geraak het uit jou lewe
uit.
Die oomblik as jy van dié dooie hout in jou lewe
ontslae raak, sal nuwe gesonde blare en vrug begin wys en jy en jou geliefdes sal
jouself en die nuwe vryheid in jou lewe nie ken nie!
- Vir meer inligting besoek die Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-kliniek webblad of kontak my gerus.


