Deursoek hierdie blog

Maandag 18 Januarie 2016

Laat dié dooie hout in vlamme opgaan


Ons almal het dooie hout in ons lewens. Gewoontes wat ons negatief beïnvloed en op een of ander wyse benadeel of verhinder in ons volle funksionering.

Die rook-gewoonte is presies wat dit sê, ʼn slegte gewoonte.

ʼn Gewoonte wat jou gesondheid ernstig aantas met dodelike langtermyn gevolge.

ʼn Gewoonte wat jou finansieel slegter af laat en duur is om in stand te hou.

ʼn Gewoonte wat jou sosiale interaksie met ander mense of jou gesin kniehalter.

ʼn Gewoonte wat jou fisieke aktiwiteite en oefening uitasem laat.

ʼn Gewoonte wat van jou ʼn slaaf maak en jou vryheid beperk.

Kortom, ʼn Gewoonte wat ʼn slegte smaak in die mond laat.

Die rook-gewoonte is vir meeste rokers ʼn stuk dooie hout in hul lewe wat hul op alle vlakke negatief raak.

Tog, al is dit net ʼn gewoonte, is dit nié so eenvoudig om dié dooie hout net in vlamme te laat opgaan nie.

Want as dit nét ʼn gewoonte was, sou jy eenvoudig net jou sigarette neergesit het en nie weer aangesteek het nie.

Die ding is dat die gewoonte veel dieper sy wortels in jou hele sisteem ingegroei het. 

Dit is daarom nodig om dié stuk onkruid met wortel en tak uit te roei.

Dit is egter maklik om van dié gewoonte ontslae te raak. Néé, om dié gewoonte te verander en beter en gesonder gewoontes aan te kweek.

Aangesien die rook-gewoonte gerugsteen word met een van die mees verslawende middels wat daar is, naamlik nikotien, en dit gevoed word met die ankers en gewoontes in jou lewe, is ʼn goeie verstaan van die rook-gewoonte en jou verslawing daaraan, saam met die nodige begeleiding deur ʼn professionele en bekwame Ophou Rook-gids en ʼn beproefde metode nodig om jou te begelei om wél die gewoonte positief te verander.

Met behulp van hipnose of hipnoterapie, en die program wat ek ontwikkel het, kan ek jou begelei in my gewaarborgde Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-program om dié dooie hout vir goed in jou lewe te verbrand en positiewe en gesonde gewoontes te bou.

Dit is moontlik. Dit is maklik. Jy kan dié jaar dit doen en aan die einde van die jaar sal jy alreeds soveel positiewe resultate in jou lewe, jou sak, jou gesondheid en jou verhoudinge beleef dat jy dankbaar sal wees vir dié stuk dooie ding wat jy finaal van ontslae geraak het uit jou lewe uit.

Die oomblik as jy van dié dooie hout in jou lewe ontslae raak, sal nuwe gesonde blare en vrug begin wys en jy en jou geliefdes sal jouself en die nuwe vryheid in jou lewe nie ken nie!
  • Vir meer inligting besoek die Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-kliniek webblad of kontak my gerus.


Dinsdag 12 Januarie 2016

Die hindernisse wat my wil beïnvloed


Verlede week het ek geblog oor wilskrag en hoekom die meeste rokers nie met wilskrag alleen kan ophou rook nie (Waarom meeste rokerssukkel om deur wilskrag alleen op te hou rook). Hierin het ek genoem dat ek in die volgende blog gaan skryf oor die verskillende fasette van ons bestaanssisteem wat op die wil inwerk.

So wat op aarde beteken dit?

Vandag gaan ons bietjie verder kyk na die wil en wat die hindernisse is wat op ons wil inwerk wat dit moeilik maak om deur wilskrag alleen op te hou rook.  

Net om op te som, in die vorige blog het ek uitgewys dat sonder wilskrag sal ons nie die eerste stap kan neem en die besluit om op te hou rook kan deurvoer nie. ʼn Sterk wil is baie belangrik om daai besluit te neem en dan met die program en jou keuse te volhard.

Menige roker sal weet dat dit maklik is om die pakkie sigarette neer te sit, maar dat die geringste emosionele ontsteltenis, krisis of verleiding, veral op sekere plekke, ʼn mens maklik weer laat aansteek.

Daarom is daar meer as net wilskrag nodig om suksesvol en permanent op te hou rook. Die Zoë-HipnoterapieOphou Rook-program help jou om dit so maklik soos een, twee, drie reg te kry.

Nou wat is die hindernisse wat veroorsaak dat jou wilskrag alleen nié genoeg is om op te hou rook nie.

1. Ankers. Benewens die feit dat jy verslaaf is aan nikotien, wat jou dus liggaamlik ʼn verslaafde van ʼn sigaret maak, is die grootste rede dat jy sukkel om op te hou rook die feit dat dit ʼn gewoonte is. Hierdie gewoonte, soos enige gewoonte, word deur onderbewuste ankers gevoed. Wanneer jy kom om dié gewoonte finaal met behulp van die Zoë-Hipnoterapie Ophou Rook-program dood te druk, verduidelik ek presies hoe hierdie ankers in jou lewe werk, jou verslaaf hou aan jou sigaret en werk ons prakties deur middel van hipnoterapie (die mees kragtigste instrument tot ons beskikking) om jou te help om dié ankers los te maak. Die ankers is veral in drie areas van jou lewe vas, naamlik:
a). Emosionele ankers – dit is veral wanneer jy ʼn sigaret outomaties aansteek as      sekere emosies figureer
b). Fisieke ankers – dit is wanneer jy byvoorbeeld outomaties op sekere plekke        rook en
c). Menslike ankers – soos kolegas by die werk wat jou help om die gewoonte          lewendig te hou.
2. Helde. Almal van ons het helde. Veral in ons grootword- en tienerjare. Selfs as volwassenes. Mense na wie jy opkyk of wil naboots. Wanneer so ʼn held rook, soos byvoorbeeld ʼn akteur as ʼn karakter in ʼn fliek, dan kan dit veroorsaak dat jy onbewustelik vasklou aan die sigaret as ʼn simbool van jou gevoel van sukses of status.
3. Vrese. Die meeste rokers het (ongegronde) vrese om op te hou rook. Byvoorbeeld een vrees is dat jy gaan siek word sodra jy nikotien onttrekking ervaar. Wat dan gebeur is dat, veral in die eerste 60 na 72 uur, wanneer jy dalk erg begin hoes, wat een van die normale reaksies van die liggaam is in sy detoksifisering en skoonmaakproses soos wat die nikotien uit die liggaam verdwyn, is dat jy onbewustelik vrees dat jy besig is om griep te kry en dan onbewustelik die res van die simptome begin reproduseer. Voor jy jou weer kan kry, oorweldig die vrees jou wilskrag en rook jy weer as gevolg van die angstigheid wat die siekte veroorsaak. ʼn Dodelik kettingreaksie en  sneeubal-effek.

Om dit dus so te verduidelik. Wanneer jy net met wilskrag probeer om op te hou rook, sonder die nodige verstaan en leiding deur ʼn professionele en gekwalifiseerde gids, en enige van hierdie hindernisse steek kop uit, sal jou onderbewuste gewoonte dadelik weer as teenvoeter inskop. Wilskrag alleen is dan nie genoeg om jou gewoonte, wat diep in jou brein vasgelê is, te verander nie.

Om op te hou rook is maklik as jy dit reg doen. Dan hanteer jy ál hierdie hindernisse, vrese en ander onderbewuste ankers kognitief en maak dit vas in die onderbewuste (sub-conscious) sodat jy nooit weer in jou lewe eers die begeerte of nodigheid sal ervaar om te rook nie.

Dinsdag 05 Januarie 2016

Waarom meeste rokers sukkel om deur wilskrag alleen op te hou rook


Dit is die begin van ʼn nuwe jaar en die tyd van die jaar het die meeste mense een of ander voorneme om iets nuuts aan te pak soos om te begin oefening (lees môre se blog), ʼn slegte gewoonte te los (soos om op te hou rook) of om ʼn lewensverandering te maak (soos om gesonder te eet en te leef).

In my ervaring met baie rokers wat ek gehelp het om dié slegte gewoonte finaal die nekslag toe te dien, kom dit gedurig uit dat die meeste van hulle al minstens een keer in hul lewe, soms ʼn paar keer, probeer het om met suiwer wilskrag alleen op te hou rook.

Die rede hoekom hulle in my kantoor opeindig, is dat nié een van die ander metodes vir hulle gewerk het nie, onder andere wilskrag alleen.

Ter wille van eerlikheid, laat ek wel noem dat ek soms oud-rokers ontmoet wat wel opgehou rook het deur wilskrag alleen, geloofsoortuiging of dalk een van die ander metodes.

Maar dit bly soos ʼn paal bo water staan dat die meerderheid rokers egter nié daarin slaag nie en daarom by my kom aanklop vir hulp. Baie rokers voel soms so moedeloos aangesien niks vir hulle werk nie, dat hulle begin aanvaar dat hulle nooit van dié las in hul lewens sal kan ontslae raak nie.

Dít is egter nie die waarheid nie.

Met behulp van ʼn kragtige instrument soos hipnose, wat saam met my program, die nodige ondersteuning en ʼn bekwame en gekwalifiseerde Ophou Rook-gids ingespan word, sal die roker finaal die gewoonte die  nekslag toedien.

In die volgende paar blogs oor Ophou Rook gaan ek aandag gee aan die redes waarom wilskrag alleen nié genoegsaam is om jou slegte gewoonte te los nie.

1. Die rol van wilskrag in ons lewens
As deel van ons sielsdimensie het die mens ʼn wil. Die wil is ʼn uiters belangrike deel van ons funksionering want dit onderskei ons van diere en stel ons in staat om besluite te kan neem, projekte (of doelwitte) aan te pak en deur te voer en om ons lewens te bestuur. Die wil funksioneer egter nie in isolasie met die res van jou sisteem nie. Dit is maar deel van die geheel en daarom, al neem jy dikwels ʼn kognitiewe wilsbesluit om beheer te neem oor jou lewe of oor ʼn slegte gewoonte (of om ʼn nuwe goeie gewoonte te begin), is die probleem in die uitvoering daarvan. Volgende keer meer oor die verskillende fasette van ons bestaanssisteem wat op die wil inwerk.

2. Gebruik wilskrag as die eerste stap
Dit egter gesê, is dit byna onmoontlik om te dink dat jy ʼn slegte gewoonte soos rook gaan los en nuwe gesonde gewoontes gaan kweek sonder ʼn wilsbesluit. Die eerste stap na genesing, oorwinning en ʼn beter lewe begin met ʼn kognitiewe besluit van die wil. Daar is baie faktore wat hiertoe kan bydra. Voordat die gewoonte self en die gevolge daarvan nie vir jou slegter of pynliker is as om te verander nie, gaan jy moeilik ʼn finale wilsbesluit neem om op te hou rook. Byvoorbeeld, as die gesondheidsrisiko om aan te hou rook so skrikwekkend is dat jy besef dié slag is dit nie net mooi praatjies van die dokter nie, maar jou lewe hang aan ʼn draadjie as jy nié ophou rook nie, is die gevolge om aan te hou pynliker as om deur die proses te gaan en op te hou rook. Dan raak dit baie makliker om die wilsbesluit te neem en te sê nou gaan ek ophou en dan na maniere te begin soek om dit die mees koseffektiefste en doeltreffendste te doen. Wilskrag bly die eerste stap in die besluit om op te hou.

3. Bly gemotiveerd deur wilskrag
Nadat jy opgehou rook het en nuwe positiewe en gesonde gewoontes aangekweek het, is jou wilskrag ʼn baie belangrike deel van die proses om by jou besluit te bly. Dít, saam met ander funksies van jou sisteem (later meer hieroor), sal jy gemotiveerd bly om jou nuwe gesonde lewenswyse te handhaaf en deur te sien. Soos wat die positiewe resultate nadat jy opgehou rook het al meer na vore kom, word dit al hoe makliker om by jou besluit te bly, die leuens te ontbloot en die versoekinge in die toekoms te weerstaan.

Wilskrag is dus ʼn belangrike deel van jou proses om op te hou rook. Dit is egter net een aspek van die proses aangesien die gewoonte op ʼn baie dieper en ander vlakke inwerk.


Volgende week kyk ek verder waar die wil in die totale prentjie inpas as  ʼn deel van die Ophou Rook-program om van jou ʼn lewenslange nie-roker te maak.